Pannekoek stres nie !
Kom by die huis na werk, en Wilna vra my of ek wil pannekoek bak.
Ja ! sê ek, lank terug lekker pannekoek gehad.
Maar die resep van Ouma werk nie met my nie, en almal sing daai liedjie met 'n halwe resep;"Wie gaan saam met ons pannekoek bak, pannekoek wat so lekker smaak. Melk en eiers, een koppie meel. Meng die suiker en kaneel"
Internet is mos maklik -
Hier is 'n maklike resep vir alle mense wat sukkel met pannekoek bak.
Nie eers een floppie gehad nie.
Die resep maak ongeveer 30 Pannekoeke, Geniet dit !!!
Bestandele :
750 ml - Koekmeel
5 ml - Sout
10 ml - Bakpoeier
1 liter - Water
2 - Eiers
14 ml - Wit Asyn
30 ml - Kook Olie
Voorbereiding :
Gooi al die bestandele in 'n mengbak en klits tot waterige deeg mengsel
Maak pan warm en gooi 2ml kook olie in pan, skep ongeveer 50ml deeg en gooi eweredig in pan in. Pannekoek sal na 'n minuut of 2 gaar wees, keer die pannekoek om en los vir 'n paar sekondes tot weerskante gaar is.
Meng bietjie suiker en kaneel vir die soet pannekoeke, dis mos eintlik wat 'n pannekoek maak. . .
Danie. . .