Bladsye

Donderdag 16 Julie 2015

6 Minute Koek - Lekkerste in die land

Dis al die halfde van die jaar daarmee heen en ek kan nog nie wys wat ek om en in die huis gedoen het nie. Sal maar iets moet begin doen.
Julie is altyd 'n lekker tyd vir koek bak, my Ma het so lekker Mikrogolf koek wat sy altyd so vinnig aanmekaar kon slaan. Een ding wat mens kan maak wanneer iemand 'n verjaarsdag vergeet het.

6 Minute Sjokolade Koek ( Mikrogolf  Koek )


Bestandele :
250 ml          -          Koekmeel
250 ml          -          Suiker
15   ml          -          Bakpoeier
2.5  ml          -          Sout
45   ml          -          Cocao

250 ml          -          Lou Water
15   ml          -          Olie
2                   -          Eiers
15   ml          -          Vanilla Essence

Voorbereiding :
Gooi alles bymekaar en klits tot loopering stroop.
Gebruik mikrogolf veilige plastiese bak gesmeer met botter of  "spray & cook"
Gooi mengsel in bak en plaas in mikrogolf.
Stel mikrogolf op 6 minute en kyk hoe mooi die sjokolade koek verskyn.

Wag vir koek heeltemal af te koel voor dit uit die bak gehaal word anders plak dit dalk nog vas.
Versier dit soos jy wil, dis seker die lekkerste gedeelte van koek bak.

Sal daarvan hou om te hoor of iemand die resep probeer het. . .

Danie. . .