Saterdag 03 November 2018
Vrydag 26 Oktober 2018
Ouma se vingerlinge
Vingerlinge/Soutelinge
Bestanddele
6 koppies koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
250g margarien
2 xl eiers
310ml yswater
Aromat om oor te strooi
Metode
Sif droë bestanddele saam.
Rasper margarien in. Vryf goed deur, dit moet soos mieliemeel lyk.
Klits eiers en voeg by. Meng goed deur.
Voeg yswater by om 'n stywe deeg te maak.
Rol uit (nie te dun nie). Sny repies en bak in warm olie tot lig bruin. Skep uit in bak en strooi Aromat oor.
Geniet dit!

Donderdag 13 Augustus 2015
Pannekoek stres nie !
Kom by die huis na werk, en Wilna vra my of ek wil pannekoek bak.
Ja ! sê ek, lank terug lekker pannekoek gehad.
Maar die resep van Ouma werk nie met my nie, en almal sing daai liedjie met 'n halwe resep;"Wie gaan saam met ons pannekoek bak, pannekoek wat so lekker smaak. Melk en eiers, een koppie meel. Meng die suiker en kaneel"
Internet is mos maklik -
Hier is 'n maklike resep vir alle mense wat sukkel met pannekoek bak.
Nie eers een floppie gehad nie.
Die resep maak ongeveer 30 Pannekoeke, Geniet dit !!!
Bestandele :
750 ml - Koekmeel
5 ml - Sout
10 ml - Bakpoeier
1 liter - Water
2 - Eiers
14 ml - Wit Asyn
30 ml - Kook Olie
Voorbereiding :
Gooi al die bestandele in 'n mengbak en klits tot waterige deeg mengsel
Maak pan warm en gooi 2ml kook olie in pan, skep ongeveer 50ml deeg en gooi eweredig in pan in. Pannekoek sal na 'n minuut of 2 gaar wees, keer die pannekoek om en los vir 'n paar sekondes tot weerskante gaar is.
Meng bietjie suiker en kaneel vir die soet pannekoeke, dis mos eintlik wat 'n pannekoek maak. . .
Danie. . .
Donderdag 16 Julie 2015
6 Minute Koek - Lekkerste in die land
Dis al die halfde van die jaar daarmee heen en ek kan nog nie wys wat ek om en in die huis gedoen het nie. Sal maar iets moet begin doen.
Julie is altyd 'n lekker tyd vir koek bak, my Ma het so lekker Mikrogolf koek wat sy altyd so vinnig aanmekaar kon slaan. Een ding wat mens kan maak wanneer iemand 'n verjaarsdag vergeet het.
6 Minute Sjokolade Koek ( Mikrogolf Koek )
Bestandele :
250 ml - Koekmeel
250 ml - Suiker
15 ml - Bakpoeier
2.5 ml - Sout
45 ml - Cocao
250 ml - Lou Water
15 ml - Olie
2 - Eiers
15 ml - Vanilla Essence
Voorbereiding :
Gooi alles bymekaar en klits tot loopering stroop.
Gebruik mikrogolf veilige plastiese bak gesmeer met botter of "spray & cook"
Gooi mengsel in bak en plaas in mikrogolf.
Stel mikrogolf op 6 minute en kyk hoe mooi die sjokolade koek verskyn.
Wag vir koek heeltemal af te koel voor dit uit die bak gehaal word anders plak dit dalk nog vas.
Versier dit soos jy wil, dis seker die lekkerste gedeelte van koek bak.
Sal daarvan hou om te hoor of iemand die resep probeer het. . .

Vrydag 02 Januarie 2015
Nuwe Jaar
Ons het die nuwe jaar ontmoet met sang en lof aan ons Koning Jesus. Toe die horlosie 12 uur slaan het ons gebid en die nuwe jaar 2015 in geseën dat alles wat mooi is ons sal volg.
Dankie Here vir nog 'n jaar wat ons U kan hulde bring.
Danie en Wilna
Donderdag 25 Desember 2014
Lekker Kersfees !!!
Vanoggend was lekker op die strand , die see water warm en die son so op die horison.
Dankie Jesus vir die wonderlike dag wat U ons gee om U geboorte te herdenk.
Geseënde Kersfees aan almal !!!
Danie en Wilna
Teken in op:
Plasings (Atom)